
CHAMELLE
Chamelle 'n gebore Keimoesiet, nou in Oostenryk, vermaak wêreld-wyd oud en jonk as 'n trotse Suid-Afrikaner met haar sterk sangstem asook haar enegieke en entoesiastiese dansoptredes.
Datum: Saterdag, 1 Oktober
Tyd: 22:00
DIRK
Dirk vd Westhuizen se vertoning sluit in so bietjie boeremusiek tot "Slap House Beats" asook sokkie musiek tot iets wat die hartsnare tokkel. Daars inderdaad iets vir almal!
Datum: Vrydag, 30 September
Tyd: 22:30
CORLEA
Corlea Botha is een van ons land se grootste stemme, met optrede in SA en oorsee. Sy gaan van haar gunstelinge sing, wat vir haar, en haar aanhangers, soveel beteken en geinspireer het!
Datum: Vrydag, 30 September
Tyd: 21:30
DANTANIO
Dantanio Goodman is Suid-Afrika se mees veelsydigste vermaaklikheidster, nabootser, sanger en liedjieskrywer, in 'n klas van sy eie. Deel talle musiekproduksies saam met groot name.
Datum: Saterdag, 1 Oktober
Tyd: 20:00
HERMAN
Herman Kleinhans is 'n sanger en liedjieskrywer. Afri-Visie liedjieskryfkompetisie-wenner. Komponeer musiek vir die TV-reek Alles Malan. Hy is 'n solo kunstenaar, en ook lid van TWEE.
Datum: Donderdag, 29 September
Tyd: 21:00
TWEE
Die musiekgroep Twee is die gewilde duo met treffers soos Ek Sweer en Patensie. Hulle het ook 'n Ghoema-toekenning verower. Met treffers vanaf beide album vermaak hulle gehore landswyd.
Datum: Donderdag, 29 September
Tyd: 22:00
JD MARS
Juandré Marais beter bekend as JD Mars is propvol musikale verskeidenheid. Met sy sielvolle stem vermaak hy oud en jonk al die afgelope 10 jaar op verskeie verhoë en feeste. Bederf jou ore en kom luister saam.
Datum: Vrydag, 30 September
Tyd: 21:00
WG
WG Nel is vir meer as 10 jaar in die musiek industrie. Sy vertonings sluit in kombinasies van sy eie enkelsnitte asook die beste Golden Oldies om 'n partytjie aan die gang te sit.
Datum: Donderdag & Vrydag
Tyd: 20:00
ABSENT EGO
Absent Ego is 'n muskiegroep wat al vir 4 jaar verhoë vermaak met golden oldies, old shcool Rock n Roll en country musiek. Musiek van o.a. Cliff Richard, Don Williams, Queen, Elvis, ens. kan te wagte wees.
Datum: Donderdag-Saterdag
Tyd: 19:00
THE PSYCHEDELIC
THEATRE
The Psychedelic Theatre is 'n uitvoerende kunste maatskappy in die teaterbedryf. Elke vertoning word hanteer met toewyding, dissipline en professionaliteit vir tradisionele teater.
Datum: Saterdag, 1 Oktober
Tyd: 23:00
DONOVAN
Donovan Yaards vermaak korperatiewe en feesgehore met sy unieke sang, optrede en dans. Hierdie gebore Kimberliet het al saam met goot name die verhoog gedeel insluitend Chamelle.
Datum: Saterdag, 1 Oktober
Tyd: 22:00
Die Kalahari Kuierfees is 'n nie-winsgewende maatskappy wat in Oktober 2000 gestig is met die doel om 'n fees te organiseer wat die gemeenskap aktief by sport, kuns en kultuur betrek en om die belangrikheid van die bevordering van hierdie aspekte by ons jeug te skep. Die fees lok jaarliks 25 000 - 30 000 besoekers, wat 'n ongelooflike finansiële inspuiting vir die Upington streek is en bevorder terselfdertyd ook toerisme.
Daar is 'n groot aantal mense in ons streek wat nie die geleentheid kry om kennis te maak met die kunste en verskillende kulture nie, en daarom bied die fees verskeie geleenthede aan plaaslike kunstenaars om hul verborge talente bloot te stel voor groot skares mense. Kunstenaars wat by die Kalahari Kuierfees optree, verteenwoordig alle kultuurgroepe en gee ook aan die gemeenskap 'n geleentheid om mekaar se kulture te leer ken en te verstaan. Dit is steeds een van die enigste feeste in Suid-Afrika wat die kunste, sport en kultuur op 'n unieke wyse kombineer en word gedoen vir die gemeenskap uit die gemeenskap.
Graatjie, die Kalahari Kuierfees se geliefde meerkat, het na twee jaar weer sy kop uit die Covid 19-hibernasie-gat gesteek en al klaar die gewilde fees se brieke losgedraai. Die feesdireksie en komitee werk alreeds kliphard om 'n splinternuwe feesprogram vir die uiters populêre fees - wat vanjaar op 29, 30 September en 1 Oktober - by die Eiland se feesterrein plaasvind, uit te werk. Kinkels word uit kabels gehaal en nuwe baadjies word aan ou gunstelinge aangepas, om te sorg dat die fees weereens iets vir elkeen van sy getroue feesgangers bied. Oudergewoonte sal daar weer 'n stampvol program met van ons land se voorste kunstenaars wees. Spesiale programme word uitgewerk vir die bejaardes en die kleinspan - EN - die sportprogram gaan vanjaar weer iets vir elke tipe fiksheidsentoesias bied. Stalletjie spasies vlieg behoorlik van die feesterrein af, so enige persone wat nog wil bespreek moet gou spring. Ons kan nie te veel weggee nie. Netnou hoor die Covid-kiem van ons planne en dan steek hy weer 'n stokkie daarvoor. Al wat ek kan sê, is hou die spasie dop - vanjaar draai ons geen brieke aan nie.
Agteruitgang van Eiland feesterrein dwing Kuierfees na nuwe perseel
Die Kalahari Kuierfees direksie het verlede week bekend gemaak dat die gewilde fees, wat vir einde September vanjaar beplan word, genoodsaak is om van perseel te verander. Dit volg nadat die direksie na afloop van baie beplanning en oorweging besluit het dat die opgradering van die huidige infrastruktuur by die ou feesterrein op die Eiland net te veel gaan kos. Na wat die Gemsbok verneem het die gewilde vakansie oord en feesterrein die afgelope paar jaar erg onder vandale deurgeloop en is daar bitter min van die infrastruktuur nog oor. Daar is geen ablusie geriewe, waterkrane of kragpunte beskikbaar nie. Met die beraamde kostes om tydelike infrastruktuur vir die beplande fees te verskaf, sou die feesdireksie nie 'n genotvolle feesprogram vir feesgangers kon saamstel nie. Die herstel van die Eiland se geriewe sou net eenvoudig te veel van die fees se begroting insluk. Daarom is Danie Bruwer en sy span baie dankbaar vir die bereidwilligheid van Desert Palace, dat die fees van hulle perseel gebruik kan maak. Die feesdireksie en komitee werk steeds kliphard om 'n splinternuwe feesprogram vir die uiters populêre fees - wat vanjaar op 29, 30 September en 1 Oktober - dan nou by Desert Palace plaasvind, uit te werk.
Nuwe baadjies word aan ou gunstelinge aangepas, om te sorg dat die fees weereens iets vir elkeen van sy getroue feesgangers bied. Oudergewoonte sal daar weer 'n stampvol program met van ons land se voorste kunstenaars wees. Spesiale programme word uitgewerk vir die bejaardes en die kleinspan - EN - die sportprogram gaan vanjaar weer iets vir elke tipe fiksheidsentoesias bied. Stalletjie spasies vlieg behoorlik van die feesterrein af, so enige persone wat nog wil bespreek moet gou spring.
Ons kan nie te veel weggee nie. Netnou hoor die Covid-kiem van ons planne en dan steek hy weer 'n stokkie daarvoor. Al wat ek kan sê, is hou die spasie dop - vanjaar draai ons geen brieke aan nie. Hier by die Kalahari Kuierfees gaan ons mos groot of ons bly by die huis sê Danie Bruwer, feesvoorsitter.