Top Vermaak


‘n Fees is nie ‘n fees sonder feesgangers nie. Daarom rig die Kalahari Kuierfees ‘n warm Kalahari- uitnodiging aan almal om deel te wees van die fees sonder brieke. Vanjaar bied die Kuierfees, soos altyd, moenie-misloop- topvermaak vir oud en jonk met van ons land se beste kunstenaars soos onder andere Emo Adams, Afrikaans Ruk, Touch of Class, Nicholis Louw en vele meer...

Emo Adams

Emo Adams is 'n Suid-Afrikaanse akteur en sanger wat veral bekend is vir sy produksies saam met David Kramer en Taliep Petersen. Hy stel sy debuutalbum in 2007 onder die titel "Tall, Dark & Afrikaans" vry. In 2008 speel hy in die rol van Solly in die SAUK2 se mini-reeksm "Malan en Kie". Hy is ook die aanbieder van die program Jou Show Met Emo op kykNET.

Snotkop

Snotkop is die verhoognaam van Francois Henning, 'n bekende Afrikaanse en Sotho sanger. Hy begin sy musiekloopbaan onder die verhoognaam 'Lekgoa' waartydens hy kwaito-liedere sing. Lekgoa is die Sothowoord vir witmens. In 2005 stel hy sy eerste Afrikaanse album, Die Snotkop CD, vry.

Jennifer Zamudio

Jennifer Leonie Zamudio is 'n bekende Afrikaanse sangeres wat aanvanklik met pers gekleurde hare en 'n pers sonbril opgetree het. Haar debuutalbum, Leef, is in Maart 2001 deur Sting-rekords uitgereik.[2] Sy het die Noorse wenlied, Hold on, be strong vir die 2008­ Eurovision-liedjiekompetisie na Afrikaans vertaal.

Afrikaans Ruk

Afrikaans Ruk is an Afrikaans house and kwaito duo from the Cape Flats, Mitchell’s Plain. The duo was started in 2013 by Mark Matroos and Von D. Mark came up with the concept for Afrikaans Ruk after visiting Mzoli’s with friends. He realized that people loved the music genre that was played there but did not understand the music because it was in Xhosa. He knew that this style of music was what he wanted to create with Afrikaans lyrics. This was where the idea of Afrikaans Ruk came about. Afrikaans ruk released their first music video on Youtube in Feb 2013 named Sopnat.

Franja du Plessis

Franja du Plessis is 'n jong Afrikaanse sangeres. Haar debuutalbum, "My verhaal", het in 2016 verskyn. Sy is die dogter van die sangeres Juanita du Plessis. Sy was ook te sien in die film, As jy sing, as Marna.

Ampie du Preez

Ampie Du Preez (born c. 1982) is a South African singer-songwriter. In 2010 he collaborated with South African cricketer AB de Villiers on their debut album, Maak Jou Drome Waar (Make Your Dreams Come True). Ampie previously worked with South African group 'n Man Soos Jan and penned the title track to Elizma Theron's 2009 album "Ek Soek Jou." Releasing his first album entitled "Definitely Maybe" when he was in grade 11 and releasing his solo album entitled "S.O.S." in April 2012.

Nicholis Louw

Nicholis Louw (gebore 30 Desember 1979) is 'n bekende Afrikaanse pop- en operasanger. Sy solodebuutalbum, My Hart Is Aan Die Brand is in 2003 deur Select-musiek uitgegee. Van sy treffers sluit in Ek Wil My Baby Hê VanaandRock Daai Lyfie en Generaal.

Louw is op 12 Julie 2014 met Denise Shrewsbury getroud.

.

Jezelle

Vir Jezelle gaan dit oor musiek. Dit is nie net haar uiters talentvolle sangtalent nie, maar ook haar skryfkuns wat haar as kunstenaars so spesiaal maak.. Jezelle se sangtalent is nie net beperk tot 'n sekere styl nie. Sy het agter die skerms haar vaardighede geslyp in vele vorme van die kuns.

Doen Aansoek vir 2018


Kontak ons

Stuur jou voorlegging aan ons of skakel ons om te gesels oor optredes vir 2018